Feesviering skop volgende week af!

Ons sien uit daarna om te begin met die amptelike viering van Helpmekaar se honderdste bestaansjaar, want ons is dankbaar en trots op dit wat bereik is en ons is opgewonde en dinamies oor dit wat voorlê…

Woensdag. 7 Oktober sal die gr.8-11’s die geleentheid kry om hul “spore” te trap in DI Hub, die vlagskip van ons 100-jaarvieringe, by ‘n spesiale geleentheid tydens die skooldag, wanneer elke leerder sy/haar foto in DI Hub kan agterlaat.

Donderdagaand, 8 Oktober is die amptelike inwyding van DI Hub – hou gerus ons sosiale media en volgende nuusbriewe dop vir foto’s.

Vrydag, 9 Oktober is dit die jaarlikse Matriekgraduering en daarna begin die groot fees: Dis100-afskop.

Die gr.8-11’s sal daardie oggend eers om 10:15 by skool aanmeld (klik hier: busopteltye 9 Okt). Hulle gaan dan ‘n heerlike toe(ka)broodjie-piekniek hou voor die amptelike afskop om 11:15 begin. Gesels gerus hierdie naweek met u kind oor die toebroodjies wat u as kind, voor die dae van Woollies snacks, pouses in u kosblik gehad het en hoe dit verander het van toeka tot nou.

U sal natuurlik nie hoef uit te mis op hierdie grootste geleentheid nie – dit sal regstreeks uitgesaai word op ons kanaal op DigiTV. Ons is opgewonde om oud-Helpies soos Magda van Biljon, Rika Sennett en Manie Duvenhage, wat saam met die skool 100 word, te verwelkom!

Die busse sal ongeveer 14:00 huiswaarts vertrek… en dan is dit VAKANSIE en sien ons mekaar weer op 26 Oktober om 07:30.