Helpmekaar Kollege

Smuts-versamelaarswyn

R 500


Boela Gerber 2016 Cabernet Sauvignon/Cabernet Franc

Gegewe die 100ste bestaansjaar van Helpmekaar Kollege, het die Vriende van Helpmekaar-Trust besluit om drie wyne van hoogstaande kwaliteit te bekom. Hiervoor het ons met twee lede van die Kaapse Wynmakersgilde, Boela Gerber (Groot Constantia) en Jeremy Walker (Grangehurst) kragte saamgesnoer. Die resultaat is drie besondere raar versamelwyne wat voorgelê is aan die Gilde vir die jaarlikse veiling.
Ons het ‘n beperkte aantal van hierdie wyne bekom, met ons eie Dis100-etikette, en met die handtekeninge van onderskeidelik Boela Gerber en Jeremy Walker daarop.  

Daar is slegs 50 bottels van elk van die Melle, Smuts en Empire-wyne beskikbaar. Individueel geprys teen R500 of teen R1350 vir ‘n stel van al drie, is hierdie versamelwyne ’n winskoop.

Al drie hierdie wyne kan nog 10 jaar verouder, maar is ook gereed om nou te geniet!


Recently viewed